Boishaai troef Gimnasium
2008-03-06
DIE twee aartsvyande van die Paarl, Hoër Jongenskool en Hoërskool Gimnasium, het Saterdag swaarde gekruis op Gim se velde tydens die interskole-krieketkragmeting. HJS se o.19A-span het sy wedstryd met drie paaltjies gewen. HJS se beste kolwer was Jean Bredenkamp (32) en sy beste boulers was Wilhelm van der Sluys en Pieter Stofberg. Elkeen het 3 paaltjies laat kantel. Vir Gim het Leonard Louw (21) die hoogste telling met die kolf behaal terwyl Imra Nackerdien (2/12) die beste geboul het. Gim se tweede span het met twee paaltjies die botoon gevoer teen HJS II. Gim se o.15A-span het sy wedstryd teen HJS met sewe paaltjies verloor en HJS se o.14A’s het hul wedstryd met 106 lopies gewen.
More
News
|