Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuier met Kuifie se vrou

Kuier met Kuifie se vrou
 
2008-03-06


MÔRE om 19:00 gesels Son­ya van Schalkwyk, die Afrikaanse vertaler van die Kuifie-reeks, oor haar werk by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl.

Van Schalkwyk woon in Frankryk en het reeds meer as 10 boeke in dié reeks na Afrikaans vertaal.

Kuifie is in 1929 geskep deur Georges Remi of Hergé, soos hy beter bekend staan.

Hy word beskou as die vader van die moderne Europese strokiesprent en sy styl en gebruik van kleur is internasionaal deur kenners geprys.

Die boeke is oorspronklik in Frans gepubliseer, maar is sedertdien in meer as 40 tale vertaal.

Die kuieraand word aangebied deur die Vriende van Afrikaans (Paarl) en die Vriende van die Taalmuseum en -monument.

Toegang is gratis en ’n glasie sap of wyn, tuisgebakte brood met konfyt, en koffie of tee sal beskikbaar wees.

Bespreek by 021-872-3441 of 021-863-3839.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za