Jong fietsryers oefen weer
2005-06-23
DIE Boland Fietsry Unie bied Saterdag die tweede been van sy padwedrenne aan wat as voorbereiding dien vir die Eric van Enter Interprovinsiale Skole Fietsry Kompetisie.
Die eerste wedren, ’n 1km heuwelklim-tydtoeds, sal om 08:00 by die Taalmonument begin.
Dit sal interessant wees om te sien of die wenners van die eerste tydtoets twee weke gelede weer hul stempel sal afdruk.
Om 10:00 sal die ryers aan ’n kermesse-wedren deelneem wat om ’n sirkelroete beslis sal word.
Die wedren sal in Van der Stelstraat (oorkant Charleston Hill Sekondêr) begin en eindig.
"Boland poog om deur dié wedrenne sy skolefietsryers soveel moontlik oefening te gee in wedrenne soortgelyk aan dié wat deel vorm van die Eric van Enter Kompetisie," het Ian Goetham van Yorkshire Fietsryklub gesê. Fietsryers sal Saterdag op ’n omnium-basis deelneem en die eerste vier fietsryers in die tydtoets en kermesse sal punte verdien.
Die punte van die twee wedrenne sal dan bymekaargetel word om só die wenners te bepaal.
Navrae: Peter (083-316-5907) of Ian (083-949-4501).
More
News
|