Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wyn en woord

Wyn en woord
 
2008-03-06


’n VERSNIT van wyn en woord is die bydrae van De Compagnie Wynlandgoed in die Bovlei, tot die Wellingtonse Oesfees.

Die uitbundige woordkuns-kabaret met die titel “Om die vreugde te beklink!” met Niël Rademan word in die kelder opgevoer Saterdag 15 Maart om 17:00 tot 18:00.

Vier pryswenner-kunstenaars het hul talente saamgespan vir die unieke produksie wat die vreugde, mistiek en verdriet van die wingerdstok deur woord en lied besing.

Die toegang is R60 indien u alleenlik hierdie funksie tydens die Oesfees bywoon.

Met die besit van die Oesfees se Toegangspas, is die toegang R30 (toegangspas kos R35), wat ’n brandewyn-proe ook insluit.

Hierdie intieme woordkuns-kabaret word eenmalig in die historiese kelder op De Compagnie aangebied. Van die tekste wat vir hierdie produksie gebruik word, is spesiaal vir dié geleentheid geskryf. Nuwe, maar beleë tekste van bekende woordkunstenaars soos Hennie Aucamp, Emile Joubert en Riana Scheepers sal gehoor word, asook vonkelende werk van nuwe skrywers. Slegs 60 gaste kan geakkommodeer word. Bespreek by Belinda, 021-864-1241.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za