Storiestraat by Breytenbach
2008-03-06
DIE Breytenbach-sentrum bied op 15 Maart om 10:00 as deel van die Wellingtonse Oesfees die skreeusnaakse poppekasproduksie Storiestraat aan. In hierdie splinternuwe produksie, met Gertjie Besselsen en Lindi Smit, ontmoet jy Pippa van Planeet Pienk. Pippa het sommer net uit die lug geval en verstaan nie so lekker van die mense-dinge nie. Maar gelukkig maak sy gou vriende met maatjies soos Mandisa wat haar leer van haar neus, kop en hande en al die ander lande. Sy ontmoet ’n slim muis wat baie praat en haar kop so bietjie laat draai en kop-spin die spinnekop wat jou koppie so bietjie laat spin. Sy leer ken ’n hoender wat dubbeldore lę en wat gebeur as Pippa jou gooi met haar “pienk”? Kaartjies is R20 en kan bespreek word by 021-873-2786.
More
News
|