Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stories oor vroue by Woordfees

Stories oor vroue by Woordfees
 
2008-03-06


DIE inspirerende verhale van twee besonderse Wellingtonse vroue, soos opgevoer as aparte eenbedrywe deur twee ander Wellingtonse vroue, is dié naweek op die Woordfees op Stellenbosch te sien.

Al oorvleuel die storielyne van die twee eenvrouvertonings “’n Venster vol Lig” en “’n Mens is ’n mens tussen mense” nie, word hulle as een produksie aangebied.

Albei tekste, wat onderskeidelik opgevoer word deur Marianne Kitching en Estie van Heerden, is geskryf deur Wellingtonner Winnie Rust.

Volgens Marianne, wat ook assistent-regisseur van “’n Mens” is, het albei sterk geestelike boodskappe, en is dit ook ideaal om later by gemeentes en kerkgroepe op te voer.

“Lig en hoop staan sentraal in albei,” vertel sy.

“’n Venster vol Son” vertel die verhaal van herstel van Alexa (Fuff) Kirsten, wat in 2005 haar buurvrou, wyle Lisbé SmutsSmith, te hulp gesnel het toe die eertydse dosent in Afrikaans aan die Universiteit Kaapstad aangeval en vermoor is. Sy is self in die proses ernstig beseer.

Die aangrypende inhoud, wat musiek van Arvo Pärt insluit, is gegrond op ’n reeks briewe wat die Fuff as terapie aan Lisbé geskryf het na haar dood.

Estie van Heerden is in “’n Mens is ’n mens tussen mense” te sien in die rol van Marie Aggenbach, ’n gebore en getoë Wellingtonner wat by Silwerkruin Tehuis vir Bejaardes werksaam is.

“’n Mens” vertel van dié bobaasstorieverteller se grootworddae naby Groenberg, en het ook ’n sterk Vigsbewuswordingsboodskap, aangesien dit een van haar passies is.

Marie sien die afgelope paar jaar om na die vyf kinders van haar oorlede dogter, ‘n “traveller” wat weens vigsverwante siektes gesterf het, en verskaf ook hulp, voedsel en ondersteuning aan 19 ander kinders in haar woonbuurt wat deur die siekte geraak word.

“’n Mens is ’n mens tussen mense” staan onder regie van Juanita Fourie.

Estie en Marianne is Saterdag 12:30 en Sondag om 11:00 op die planke in die Klein Libertasteater.

Kaartjies by Computicket .




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za