Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die leeu laat hom sy humeur beteuel

Die leeu laat hom sy humeur beteuel
 
2008-03-06


DIE Paarliet Cobie van Wyk reis deesdae die wêreld vol met die Lion King produksie waarin hy ’n marimbaspeler is.

En dis waar Cobie sy humeur leer beteuel het.

Cobie het die afgelope jaar in Johannesburg deelgeneem aan die Lion King produksie.

“Dit was ’n wonderlike ervaring. Die openingsaand was onvergeetlik.

“Ek kan regtig sê dat my betrokkenheid by Lion King my oë laat oopgaan het bit die kunste en my kennis gegee het oor wat regtig in die kunste aangaan,” het ’n opgewonde Van Wyk hierdie week gesê.

“’n Goeie les wat ek geleer het met my betrokkenheid by Lion King, is om my humeur te beheer, omdat ons as ’n span werk.

“Ek het ook baie geleer oor uithouvermoë en hoe belangrik dit is. Ons moes ure oefen.”

Hy skerts ook dat hy besef het dat daar ’n toekoms in musiek en die kunste is.

“Jy moet net bereid wees om hard te werk”.

Van Wyk gaan van Maart tot Junie in Kwazulu-Natal betrokke wees by die Filharmoniese Orkes as slagwerkspeler.

“Van begin Julie is ek dan weer terug by die Lion King produksie wat ons gaan opvoer in Taiwan. Daarna gaan ons dit opvoer in Hong Kong,” sê Van Wyk.

Hy is vasbeslote om sy eie marimba aan te skaf wat omtrent R100 000 kos.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za