Veltoestande by diabete
2008-03-06
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep hou ’n vergadering Woensdag 19 Maart om 19:00 in die Holy Trinity kerksaal. Die onderwerp is “veltoestande by diabete” en die spreker is dr Martin du Toit, dermatoloog. Die volgende vergadering is Woensdag 16 April en die onderwerp handel oor Diabeteshulpmiddels. Vergaderings is elke derde Woensdag van die maand en bywoning is gratis. Skakel Kamaretha Beckert by 021-871-1808 vir navrae
More
News
|