Ouer pasiënte leer van bejaarde kwale
2008-03-06
IN ’n nuutste toevoeging tot hul reeks spesiale produkte vir pasiënte het Medi-Clinic SuiderAfrika ’n program ontwikkel wat spesifiek gemik is op persone 60 jaar en ouer. Die Medi-Clinic senior program fokus daarop om ouer pasiënte en hul familielede van noodsaaklike inligting te voorsien rakende die bestuur en behandeling van dié siektetoestande wat normaalweg deur senior pasiënte ervaar word,” sê Michelle Viljoen, Streeksbemarkingsbestuurder by MediClinic Suider-Afrika. Die Medi-Clinic senior program moedig gereelde interaksie aan tussen ouer pasiënte en professionele gesondheidsorggewers by deelnemende Medi-Clinic hospitale. Die program bied gesondheidsklinieke waartydens geregistreerde verpleegkundiges gesondheidsiftingstoetse op Medi-Clinic seniors uitvoer. Hierdie toetse sluit in die monitering van bloedglukose, hemoglobien en bloedcholesterol vlakke, bloeddruk en urientoetsing. Die meeste van hierdie toetse word deur middel van ’n vingerprik gedoen, en die uitslae is normaalweg binne vyf minute beskikbaar. Hierdie toetse dui aan of die uitslae binne aanvaarbare vlakke lê. Indien dit nie die geval is nie, word die pasiënt na sy of haar geneesheer verwys vir ’n volledige mediese ondersoek. Medi-Clinic senior pasiënte ontvang ’n gesondheidskliniekkaart wat uitslae van die toetse tydens elke besoek aandui. Hierdie kaart kan ook as verwysing dien tydens besoeke aan geneeshere. ”Deur gereelde monitering van hul gesondheid wil Medi-Clinic verseker dat senior pasiënte ten alle tye ingelig is oor hul gesondheidstatus,” sê Michelle. “Dit sal hulle in staat stel om enige siektetoestande op ’n pro-aktiewe en voorkomende wyse te bestuur,” sê sy. Alle lede van die Medi-Clinic senior program ontvang voorts ’n lidmaatskapkaart. Hierdie kaart bevat alle nodige pasiëntbesonderhede wat hul opname by enige Medi-Clinic hospitaal bespoedig. Die program bied gereelde gesondheidinligtingsessies aan by deelnemende Medi-Clinic hospitale. Kundiges op die gebied van ouer volwasse siektetoestande bied gratis inligtingsessies aan waartydens die simptome, gevaartekens en behandelingsopsies van spesifieke siektetoestande bespreek word. Hierdie sessies maak ook voorsiening vir die bespreking van pasiënte se kwelpunte en vrae. Vir verdere inligting oor die Medi-Clinic Senior Program, of om ’n aansoekvorm te bekom, besoek www.mediclinic.co.za.
More
News
|