Christusfees oor Pase
2008-03-06
VERSKILLENDE kerkdenominasies in Wellington hou 地 Christusfees vanaf Woensdag 19 Maart tot Maandag 24 Maart. Die Woensdag sal die fees om 07:30 afskop met 地 gebedsketting by al die dorpskole op Wellington. Die laerskool-jeug hou 地 gesamentlike diens in die Hugenote Kollegesaal om 17:30. Die aand sal die fakkelloop plaasvind met jeuggroepe wat om 18:30 vanaf die Weltevrede swembad stap na Victoriapark, waar die hooffakkel met 地 seremonie aangesteek en aan die brand gehou sal word vir die volle Paasnaweek. Van daar beweeg die optog na Bergrivier Sekond靡e Skool waar 地 jeugbyeenkoms gehou sal word. Die Donderdag om 19:30 sal die kerke hul eie tradisionele kerkkultuur bedryf, soos voetewas-seremonies en nagmaal. Die Vrydag om 07:45 is daar 地 kruisoptog vanaf Weltevrede swembad vir alle verenigings. Die Goeie Vrydagdiens is om 19:00 te VGK Wellington met die barmhartigheidsgeleentheid daar met kospakkies die Saterdag. Sondag is opstandingsdienste om 06:00 en 07:00 onderskeidelik in die Pelikaan- en Champagne begraafplase. Aanbidding en lofsang is die Sondag om 17:00 by Boland-stadion. Dit word opgevolg met 地 Feesdiens om 18:00 in die stadion. Die fees sal Maandag afgesluit word met 地 gebed en beradingsessies van 10:00 tot 16:00 by Boland-stadion.
More
News
|