Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Violets sak uit

Violets sak uit
 
2005-06-23


DIE manne van Violets Rugbyklub het Saterdag hul wedstryd teen Kylemore met ’n groot gejuig begin, maar dit blyk die reën het vinnig hul entoesiasme geblus.

Violets het in die eerste 20 minute baie goeie rugby gespeel en die pak voorspelers het deeglik hul man gestaan in die vaste fasette van die spel.

Ook die agterlyn het goed beweeg en Kylemore moes rond en bont staan om te keer.

Hier het Timmy Nolan en Malvern Pietersen kort-kort met dodelike breekslae die oog gevang, maar die nat bal en reën het hul pogings om punte aan te teken in die wiele gery.

’n Strafskop deur Pietersen was Violets se eerste punte terwyl Kylmore ’n verdoelde drie druk om die rustydtelling 7-3 te maak.
In die tweede helfte draai Kylemore die krane wawyd oop en druk hulle etlike drieë.

Pietersen druk Violets se enigste drie en slaag met nog twee strafskoppe. Hy word dan ook as Violets se man van die wedstryd aangewys.

Kylemore druk ses drieë danksy aanskoulike hardlooprugby en klop Violets oortuigend 41-14.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za