Afrikaanse popmusiek by die Ou Meul-teater
2008-03-13
DIE man wat deur Laurika Rauch beskryf word as een van SA se top-liedjieskrywers, Emile Minnie, bring die “magic” van sy musiek na die Ou Meul-teater Saterdag om 20:00. En mense, julle kan julle regmaak vir ’n opskop uit ’n ander dimensie, want Emile gaan vir jou vat en hy gaan vir jou lig. Hy gaan vir jou neem na plekke wat nog net diep binne jou geroer het; die soetste smake waarna jy nog altyd gehunker het gaan oor jou tong spoel en jou smaakknoppies laat hande klap; jou wangspiere gaan opstaan en sê goeiemôre. KKNK 2006 Kanna-nominasie vir Beste Musiekteater, 2006 World Song Contest finalis, die lys gaan aan. Genoeg gepraat. Kom kyk die show. Emile Minnie is bekend vir sy goeie Afrikaanse popmusiek en sy ballades. Hy sal sy gunstelinge van sy Dagbreek-album doen. Kaartjies is R50. Skakel Vicky Stemmet by 083-5640056.
More
News
|