Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Anton Goosen in skemerkonsert by Oude Libertas

Anton Goosen in skemerkonsert by Oude Libertas
 
2008-03-13


IN die Breytenbach-sentrum in Wellington word vir die volgende paar weke verrassende produksies aangebied.

In die produksie Storiestraat met Gertjie Besselsen en Lindi Smit, ontmoet jy Pippa van Planeet Pienk.

Pippa het sommer net uit die lug geval en verstaan nie so lekker van die mense-dinge nie.

Maar gelukkig maak sy gou vriende met Mandisa wat haar leer van haar neus, kop en hande en al die ander lande.

Sy ontmoet ’n slim muis wat baie praat en haar kop so bietjie laat draai en kop-spin die spinnekop wat jou koppie so bietjie laat spin.

Sy leer ken ’n hoender wat dubbeldore lê en wat gebeur as Pippa jou gooi met haar “pienk”?

Hierdie produksie is te sien Saterdag om 10:00 teen R20 ’n kaartjie.

* Tossie Lochner, bekende radio-persoon­likheid, bied ’n komiese voorstelling van haar lewe in Italië, Mites en Waarhede aan 16 April om 19:00 teen R80 (ligte ete en wyn ingesluit).

* Ter viering van Wêreld-boekedag kom praat twee van ons bekendste skrywers, EKM Dido en Eben Venter, boekdele oor hulle stories op papier en in hul koppe.

’n Ander ek (Umuzi) en Horrelpoot (Tafelberg) is die jongste boeke deur onderskeidelik Dido en Venter. Die Engelse vertaling van Horrelpoot word later vanjaar uitgegee. Boeke deur die skrywers sal die aand te koop wees.

Hierdie produksie, Kopstukke, vind plaas 23 April om 19:00 teen R80 (ligte ete en wyn ingesluit).

In samewerking met die US Woordfees se WOW (Woorde Open Wêrelde)-projek, sal die skrywers vroeër die dag ook Wellingtonse hoërskole besoek.

Vir besprekings en meer besonderhede, skakel 021-873­2786.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za