Drama oor Wellingtonner opgevoer
2008-03-13
WELLINGTONNERS kry Woensdagaand die geleentheid om 地 opvoering van een van die treffer-produksies van die onlangse Woordfees op Stellenbosch, 地 Mens is 地 mens tussen mense, in die Jan van Riebeeckstraat-biblioュteek op die dorp by te woon. 地 Mens is 地 mens tussen mense vertel die merkwaardige verhaal van Marie Aggenbach, 地 verpleegster by die ouetehuis Silwerkruin op die dorp. Dit handel oor Aggenbach se verbintenis met die lydendes van die woonbuurt Egoli op Wellington, hoe sy haar oor Vigslyers en wesies ontferm het en hoe sy haar oor haar dogter Theresa se kinders ontferm het na Theresa se dood. Die rol van Marie word vertolk deur Estie van Heerden wat die rol ook in die Woordfees-aanbieding vertolk het. Sy het haar debuut op die verhoog in 2002 by die KKNK se voorbrandfees gemaak. Kaartjies vir die vertoning is teen R40 by die biblioteek in Jan van Riebeeckstraat beskikbaar.
More
News
|