Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blues stuit Vineyards in hul spore

Blues stuit Vineyards in hul spore
 
2005-06-23


DIE Vineyards Rugbyklub wat dié seisoen grotendeels die trom geslaan het in die Divisie 4, is Saterdag stom gelaat deur ’n begeesterde span van Laer Paarl.

Vineyards het die eerste helfte oorheers en ook die eerste punte aangeteken ná ’n drie deur Anwar Dalvie wat deur John Koopman verdoel is.

In die tweede helfte was dit egter ’n heel ander storie met Blues wat ’n onbeantwoorde 21 punte aanteken.

Robert Petersen het ’n briljante wedstryd gespeel en kon twee drieë druk vir sy moeite. Donnie Fredericks het ook in die doelgebied gaan kuier. Wanie Africa en Ricky Nortje (2) was suksesvol met doelskoppe.

Blues kon egter die wedstryd verder as 21-7 gewen het aangesien Africa ’n paar pogings pale toe mis geskop het en Mannie Solomons ook ’n drie verbeur het toe hy die bal aangeslaan het, met ’n oop doellyn voor hom.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za