Basaar by Ligstraalskool
2008-03-13
DIS weer tyd vir die gewilde basaar by Ligstraalskool in Paarl-Oos, Saterdag 15 Maart van 10:00. Daar sal ’n verskeidenheid stalletjies wees asook die groot kostafel, mini-kostafel, groente, gebak en ’n kindertafel. Koepons is reeds beskikbaar by die skool te Pienaarstraat 60. Gaan geniet die dag, maak winskopies bymekaar, en help so die skool en sy spesiale kinders. Vir navrae, kontak Raylene Abrahams by 021-862-7182.
More
News
|