NGK Simondium vier 50 jaar
2008-03-13
DIE NGK Simondium vier dié naweek sy 50ste bestaanjaar feestelik. Vrydagaand om 19:00 is daar ’n fees-ete in die kerktuin (kaartjies is R100 per persoon). Dit sal ’n gesellige saamkuier van huidige en oud-lidmate wees. Sondag om 09:30 sal daar ’n simboliese oopsluit van die kerk wees soos wat die deur die eerste maal oopgesluit is. Dit word gevolg deur ’n dankdiens en nagmaal gelei deur dr Eddie Orsmond, waaraan oudleraar dr Dick Terblanche sal deelneem. Na die diens word almal uitgenooi na ’n geselligheid in die Het Gesticht Saal. Die Simondium begraafplaas word onder toesig oopgestel vir besoekers. Kosbare herinneringe en foto’s is versamel wat nou in die kerk bewaar sal word vir die volgende geslagte. Kontak Gerda Kellerman (021-867-0347).
More
News
|