Toktokkie-veldtog in Paarl geloods
2008-03-13
VERLEDE Donderdag het die loodsing van die toktokkie-veldtog van Kansa- Paarl in die Paarlse stadsaal plaasgevind. Die toktokkies is vrywilligers wat by donateurs in die gemeenskap omgaan om fondse in te samel, aangesien Kansa (Kankervereniging van SA) hoofsaaklik op skenkings van die publiek staatmaak. Gedurende die volgende paar maande sal toktokkies by die meeste huishoudings in die Paarl aanklop. Die fondse wat sodoende ingesamel word, word aangewend vir die bestryding van kanker en dienslewering. Kansa benodig nog heelwat vrywilligers. Vir meer navrae, kontak Charlotte Odendal (toktokkie-leier) soggens by 021-873- 6358 of 083-282-1656, of Alta Falck (projekte-fasiliteerder) by 082-972-8745.
More
News
|