Opleidingsprojek skep werk
2008-03-13
地 GROEP van 12 werklose vroue van Klein Drakenstein is tans besig met opleiding in pottebakkery as deel van 地 werkskeppingsprojek op die perseel van Sonop Prim靡e Skool. Hierdie program waarvoor die Departement van Arbeid die fondse beskikbaar stel, word deur Elize van Rooyen van Durbanville (Popular Projects) aangebied. Sy het voorheen ook kursusse in lapverfwerk daar aangebied. Die volgende opleidingsprogram wat by Sonop aangebied gaan word, is vir die maak van sagte speelgoed, naaldwerk en besigheidsvaardighede. Die studente het alreeds hulle vaardigheidsertifikate ontvang na 地 opleidingsprogram in lapverfwerk. Hierdie kursus was ook aangevul deur 地 basiese kommunikasiekursus waarvoor hulle ook elkeen 創 sertifikaat ontvang het. Die leerders beskik nou oor waardevolle vaardighede wat hulle kan help om 地 basiese inkomste uit die vervaardiging van produkte te verdien. Die 12 leerders is baie opgewonde en gemotiveerd, en die kwaliteit van die finale produkte van hoogstaande gehalte. Vir navrae, kontak Elize van Rooyen (083-251-7123).
More
News
|