Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe leier vir Paarl Post

Nuwe leier vir Paarl Post
 
2008-03-13


DIE Paarl Media Groep het onlangs stra­tegiese be­stuur­­skuiwe aangekondig waarin onder andere Paarl Post se hui­dige Hoofbestuurder, Con­­rad Rademeyer, na die posisie van Besturende Direkteur by Paarl Web verskuif. Hy word opgevolg deur Tobie Louw met ingang 1 April.

Louw is ’n Geoktrooieerde Rekenmeester (SA) en het sy skoolloopbaan in Durban voltooi. Hy beskik oor ’n B.Com. Honneursgraad (Re­keningkunde) van die Universiteit van Port Elizabeth en het sy klerkskap by Coopers & Leibrand in Port Elizabeth gedoen.

Hy sluit by Paarl Post aan vanaf New Clicks, waar hy die rol van Uitvoerende Finan­siële Bestuurder (Groep­dienste en Musica) vervul het.

Louw was ook voorheen Hoof­bestuurder (MoneyMax/Finance 24) by Nas­pers.

Hy sê hy sien daarna uit om weer lid van die Naspers-familie te word en dat dit ’n voorreg is om die geleentheid te kry om vir ’n tweede keer by die Groep aan te sluit.

Louw het ook internasionale blootstelling gekry toe hy vir drie jaar by WorldPay in Londen gewerk het.

Die grootste uitdaging van sy nuwe rol is die skoene wat hy moet volstaan.

Louw verduidelik: “Volgens tradisie het die meerderheid van Paarl Media se leiers hul tande by Paarl Post geslyp en die meeste van hulle vervul steeds sleutelposisies in die Groep. Ek sien dit as ’n groot uitdaging, maar ook ’n fantastiese geleentheid.”

Die tipe mense by Paarl Post en die familiekultuur is vir Louw aantreklik. Hy erken dat sy eie gesin die spil is waarom sy lewe draai.

Hy is met Yolanda getroud, (finansiële bestuurder by Shoe City (deel van die Pep Groep). Hulle het twee kinders, Cara (3) en Martin (15 maande).

“My gesin se welstand beïnvloed al my besluite, insluitende my loopbaankeuses. Ons woon in Plattekloof, Kaap­stad en tog sien ek daar­na uit om in die Boland te werk. Dit voel vir my of ek tuiskom.

“Al is ek nie self ’n boorling van die Paarl nie, is die Louw familie al vir jare woonagtig in die dorp en my familie het ook vir generasies op Laborie geboer.”

Louw glo in ‘n kultuur van vertroue en samehorigheid en hy put inspirasie uit toe­gewyde mense.

Hy sê: “In ons diverse land is dit belangrik om aan­knooppunte met mense te vind. ’n Goeie voorbeeld is die mense by Musica, wat so passievol is oor hulle produk dat ’n mens nie kan help om deur hul geïnspireer te word nie. Hierdie inspirasie word dan die sleutel tot suksesvolle besigheids- en persoonlike verhoudings.

“Ek dink dit is belangrik dat elkeen in ’n maatskappy moet wen om suksesvolle langtermynverhoudinge te kweek.

“Lojaliteit is ’n moet en mens moet in jou maatskappy en jou mense glo om suksesvol te wees. ’n Goeie bestuurder weet hoe om te luister en moet sy mense kan vertrou.”

Oor naweke geniet die Louws die vrede van die Weskusdorp Paternoster, waar hulle ’n vakansiehuis het. “

Paarl Media se voorsitter, Lambert Retief, se kommentaar op die aanstelling: “Ons het ’n kultuur waarin ons dinamiese, jong bestuurders in leierskapsrolle aanstel. Ons glo Tobie beskik oor die nodige eienskappe om Paarl Post verder met sukses in die toekoms te lei.”




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za