Vriendskaplike rugbykragmetings
2008-03-13
DIE naweek se vriendskaplike wedstryde tussen rugbyklubs van die Paarl-omgewing het vir hoogtepunte en laagtepunte gesorg met die oog op die afskop van die nuwe seisoen. Vineyards Rugby Club Vineyards selected a combined side of senior and u.19 players to take on a Mbekweni invitational team in Mbekweni on Saturday. Vineyards did well to win the game 28-12. Tries for the visitors were scored by Anwar- Shuhail Moerat, Jamiel Nackerdien, Shukri Moerat, Arshad Abrahams and Zahier Chippendale. Hashiem Hendricks jnr added 3 points with the boot. On Saturday Vineyards (1st team, 2nd team and the u.19’s) will play against Windmeul away. All players are to meet outside the house of Bones at 14:00. Young Superstars Die kragmeting tussen Young Superstars en Laer Paarl (Blues) was ’n groot geleentheid vir die spelers. ’n Begeesterde span van Young Superstars het Saterdag verras toe hy die Blues in ’n vriendskaplike wedstryd met 29-19 geklop het. Isaac Anthony, Niklaas Lakey en Edward Botha (2) het Superstars se drieë gedruk, met Dawid Gertse wat met een strafdoele en drie doelskoppe suksesvol was. Vir Laer Paarl het Brendan Wessels, Bronwill Hendricks en Gerthwin Davids gedruk. * Die Blues speel Saterdag teen Rangers op Faure-stadion. Die aand hou die Blues ’n disco by Jeff’s pub. Toegang is R10. Roses United Roses United speel Saterdag in ’n vriendskaplike wedstryd teen Belhar op Pelikaanpark. Die eerste wedstryd skop af om 13:30. Belhar het in vorige vriendskaplike wedstryde die seisoen reeds twee ander Boland Premierliga-spanne geklop. Roses het die afgelope naweek afgereken met Albions. Roses II het met 73-7 gewen terwyl Roses I met 48-7 geseëvier het. Riverstones Riverstones speel Saterdag teen Evergreens op Nuwedrift-veld. Die toer na Paternoster is ook nog aan. Kontak Charles Paulse by 082-563-4416. Violets Violets speel Saterdag teen Counties op Wemmershoek-veld. Die bus vertrek om 12:00 uit Groenheuwel. Na die wedstryd is daar ’n disco by Charlie’s Inn. Volgende Saterdag vind Violets se Feeswedstryd plaas op Faure-stadion. Kontak 083-668-0231. Albions Albions speel Saterdag teen Young Gardens op Gardens Park. Wedstryde begin om 14:00 en die hoofwedstryd skop af om 17:00
More
News
|