Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Yustin trap deure oop

Yustin trap deure oop
 
2008-03-13

Jaco van Wyk

ALHOEWEL Yustin Lintnaar eers in 2007 begin fietsry het by sy skool se Interhuis-byeenkoms in die T.36 groep (driewielfietse) vir fisiese gestremdes, het hy reeds talle toekennings losgetrap in dié kort tydjie.

Yustin is woonagtig in die Paarl, maar gaan skool by die Paarl Skool in Brackenfell aangesien hy op ses-jarige ouderdom hoofbeserings en gevolglike breinverlamming opgedoen het toe hy deur ’n motor raakgery is.

Alhoewel hy vir ses maande na die ongeluk nie kon loop nie, het Yustin oor die jare goed herstel en ryg hy vandag die toekennings die een na die ander in.

Volgens Yustin geniet hy baie sy fietsry, en het sy liefde vir dié sport begin toe hy verlede jaar gekies is om sy skool te verteenwoordig tydens interskole.

“Daar het ek twee wedrenne gewen en word toe gekies om WP by die Nedbank Nasio­nale byeenkoms in Germiston te verteenwoordig.”

Hier het Yustin bewys dat sy skielike talentuitbarsting nie net geluk was nie toe hy vyf goue medaljes verwerf het. Yustin het ook die SA rekord vir seuns o.14 in die 1500m gebreek.

“Van die toekennings wat ek reeds ontvang het, is die Speedy Gonzales prys vir die fietsryer wat die meeste verbeter het, die baie belowende fietsryer-toekenning, ’n prys vir die vinnigste wedren (seuns junior driewiel), asook ’n sertifikaat vir uitnemendheid in Sport vir persone met Fisiese Gestremdheid,” sê Yustin.

Yustin is onlangs weer gekies om WP te verteenwoordig by die Nedbank nasionale byeenkoms vir mense met gestremdhede wat volgende week op Coetzenburg plaasvind.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za