Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere klop Maties

Tiere klop Maties
 
2008-03-13


SATERDAG het Young Peoples die sterk span van Maties ore aangesit op Stellenbosch.

Maties het die loot gewen en die Tiere is ingestuur om te kolf. Dominic Daniels (60, 1x6 en 5x4) het bygedra tot Peoples se op 176/9.

Peoples het met goeie boul- en veldwerk die studente vir 131 lopies uitgehaal. Imraan Nackerdien (2/8) was Peoples se beste bouler.

Sondag kon Peoples (247/5) nie hul wenmomentum teen Vredenburg/Saldanha (253/9) op Daljosafat voortsit nie. Peoples se Brendon Adams (3/22) het hard probeer om die Weskussers van koers te kry. Adams het ook hard met die kolf probeer (72, 6x4).

* Saterdag speel Peoples tuis teen Van der Stel. Peoples se algemene maandvergadering vind Maandag om 19:00 in die klubhuis plaas.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za