Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions dra weer sewes-kroon

Albions dra weer sewes-kroon
 
2005-06-23


DIE skouspelagtige flair wat hulle dié seisoen al soveel seges besorg het, het Donderdagaand weer daartoe bygedra dat Albions koning kraai in Young Peoples Rugbyklub se jaarlikse sewestoernooi.

Albions het al vroeg hul ondersteuners laat juig toe hulle die gasheerspan, Peoples, in die tweede ronde 19-14 uitgeskakel het.

Die toernooi is deur heelwat mooi bewegings en kreatiewe hardlooplyne gekenmerk en dit was die nuweling Newtons wat hier die oog gevang het.

Newtons, die enigste Boland rugbyklub wat aan die toernooi deelgeneem het, het omtrent die skare op aantreklike rugby trakteer en dit was slegs deur hardnekkige verdediging dat Albions dié span in die bekereindstryd 19-10 kon stuit. Newtons het egter die toeskours se harte gesteel deur hul ongelooflike veggees.

Ondanks die afwesigheid van sekere sterre het Albions steeds hul beste gelewer en die toeskouers voortdurend op hul tone gehou.

Albions se ster van die aand was Alfredo Adams wat in elke wedstryd gaan druk het. Behalwe vir dié jong talent wat die toeskouers gaande gehad het, was daar ook die ervaring van Evan Prins en Waden van Rooyen wat tot Albions se sukses bygedra het.

Die goeie vertoning van die blitsige Alvin Hugo het ook oudergewoonte die toeskouers opgewonde gehad.

Elrico Adams, Wayden van Rooyen en Jenovan Cornelissen het die wenspan se drieë in die eindstryd gedruk, terwyl Dominic Daniels twee hiervan verdoel het.

Jonathan Schalkwyk en Marvin Arendse het vir Newtons in die doelgebied gaan kuier.

In die plaateindstryd het Young Gardens 38-10 oor Young Standards gestoomroller.

Die Rooi Rose het ses drieë gedruk teenoor Standards se twee.
Gardens se driedrukkers was Neville Fortuin, Tino Prins, Jermey Koukom, Randall George en Graig Johnson. Prins was ook suksesvol met vier doelskoppe.

Alroy Arendse en Brenton van Schoor het Standards se drieë gedruk.

Die grootste skare in 15 jaar het sewesrugby uit die boonste rakke gesien en tot die einde bankvas bly sit om te sien hoe ’n verheugde, Morné Goetham, kaptein van Albions die beker omhoog hou.

Die volledige uitslae is: (eerste ronde) Peoples k Violets 29-0, Albions k Gardens 17-14, Rangers k Standards 19-12, Newtons k Vineyards 21-0 (tweede rondte) Albions k Peoples 19-14, Newtons k Rangers 31-21, (plaat) Gardens k Violets 29-5, Standards k Vineyards 14-0, (plaatfinaal) Gardens k Standards 38-10, (bekerfinaal) Albions k Newtons 19-10.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za