Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SA Legendes kom kuier in Paarl

SA Legendes kom kuier in Paarl
 
2008-03-13


PAARL RUGBYKLUB vier vanjaar sy 125ste bestaansjaar en die naweek se verrigtinge beloof om die feesvieringe met welslae af te skop.
Vrydag skop die groot feesvieringe af met die SA Legendes, onder leiding van Ian McIntosh, John Allan en Rob Louw, wat ’n reünie by Nederburg Landgoed gaan bywoon wat aangebied word vir alle spelers, lede en belangstellendes van die klub.

Die funksie begin om 18:00 en dit sluit ’n driegang-ete (steak) in met ’n spesiale feesjaargeskenk vir elkeen wat teenwoordig is. Kaartjies kos R150 per persoon.

Saterdag, vanaf 09:00, bied die SA Legendes afrigtingsklinieke op Hoërskool Gim se velde aan vir o.13’s vanuit laerskole in die Paarl en omgewing.

Die Legendes se nuwe ‘Rugby for Africa’ program word ook hiertydens geloods.

Later in die oggend gaan die kinders in spanne opgedeel word om ‘tag’ rugbywedstryde teen mekaar te speel.

Vanaf 11:00 gaan daar 15 rugbywedstryde op die velde gespeel word. Gimnasium se o.15, o.16 en o.19 spanne gaan in aksie wees, asook Paarl Rugbyklub se o.20’s, 3de span, 2de span en 1ste span.

In die hoofwedstryd sal die SA Legendes teen ’n Paarl Legendes-span te staan kom. Daar sal ook eetstalletjies en biertente wees.

Kontak Trevor by 084-414- 0823 met navrae.

* Volgende Vrydag gaan Paarl Rugbyklub/H&H Onderdele ’n gholfdag hou by Boschenmeer. Almal is welkom en inskrywings sal R300 wees per persoon. Daar is pryse op die spel en ’n ete word aangebied. Vir verdere inligting, kontak Hennie Coetzee by 082-809- 8519.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za