Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere van 'n ander kleur toets Peoples

Tiere van 'n ander kleur toets Peoples
 
2005-06-23


EEN van die hoogtepunte van Young Peoples se 110 bestaansjaarvieringe vind Saterdag plaas wanneer dié klub die gedugte Tygerberg Rugbyklub op die veld aanvat.

Peoples en Albions kombineer vir die eerste keer in die geskiedenis om ’n sterk uitnodigingspan teen die Tiere van Tygerberg in die veld te stoot.

Tygerberg wat in die WP se Superliga A deelneem, het al vanjaar met spanne soos die Maties, NTK, Helderberg en Victoriane afgereken, en het twee jaar gelede in die nasionale klubkampioenskap gespeel.

Saterdag se wedstryd op die Faurestraat Stadion sal ’n besliste aanwyser wees van hoe sterk rugby in die Paarl regtig is.

Die Peoples uitnodigingspan het vandeesweek net twee keer saamgeoefen en dit kan beslis teen hulle tel.

Die prestige van ’n oorwinning oor een van die beste klubspanne in die land kan egter net die beste uit die Paarliete haal.

Toeskouers kan ook uitsien om van die groot name uit die verlede in aksie te sien wanneer die veterane-spanne mekaar pak.

Spelers soos Pompies Williams, Randy Marinus, Aiden Stouman, Russel Roux, Allan Erasmus, Dennis Vraagom, Kallie Jacobs, Clive Matthee, Tommie Fortuin, Almo Kuilders, Lyndon Arendse en Steven Adonis sal weer die stewels aantrek teen ’n volle gewese provinsiale Tygerberg-span.

Die program vir Saterdag teen Tygerberg is 09:00 o.13, 10:00 o.15, 11:00 o.16, 12:00 o.18, 13:00 C-span, 14:20 B-span, 15:40 Vroue-sewes, 16:00 Veterane, 16:50 Bekendstelling van A-spanne, 17:00 Hoofwedstryd.

Die hekke open om 08:00 en toegang is R5 (R5 vir motors en R3 vir kinders).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za