Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl een wedstryd weg van titel

Paarl een wedstryd weg van titel
 
2008-03-13

Jaco van Wyk

DIE krieketspanne van Paarl en GMT Paarl- Oos het Saterdag albei die pyp gerook teen Brackenfell en Oostelikes onderskeidelik, voordat Paarl afgereken het met Paarl-Oos tydens Sondag se wedstryd op die Parys-velde.

Paarl het sodoende sy kans versterk om as die Boland-kampioen in die 45-boul- beurtkompetisie gekroon te word wat eerskomende Saterdag beslis sal word.

Tydens Saterdag se wedstryd tussen Brackenfell (152/9) en Paarl (154/9) het laasgenoemde net te veel skietgoed gehad vir hul teenstanders toe hulle met 1 paaltjie baas was.

Rohan Goetham (2/21) en Ultalyn Erentzen (2/25) was Paarl se beste boulers, met Leroy Walters (60*, 6x4) wat sy staal getoon het met die kolf.

Paarl-Oos het sy kragmeting met Oostelikes gewen met 4 paaltjies.

Oostelikes het eerste gekolf en kon slegs 144 lopies aanteken na goeie boulwerk deur die Paarliete Waylin September (4/22) en Kurt Julies (2/26).

W Jeffreys (34, 2x4 en 1x6) het die meeste lopies vir Oostelikes aangeteken.

Met Bruce Miller (38, 4x4) wat ’n stewige kolfvertoning gelewer het, het Paarl-Oos 148 lopies vir die verlies van ses paaltjies aangeteken. Kurt Julies (26, 2x4) en Morné de Vries (24, 4x4 en 1x6) het ook goed gekolf.

G Isaacs was Oostelikes se bestendigste bouler met 3/28.

Sondag het die twee spanne van die Paarl mekaar aangevat op die Parys-velde. Paarl-Oos het eerste gekolf en is vir ’n skamele 90 lopies uitgehaal.

Lyndon Fredericks (3/15) en Erentzen (2/26) het uitstekend vir die Paarl geboul, met Dennis November (23*, 1x4) wat die hoogste telling vir Paarl-Oos aangeteken het.

Met Paarl se kolwers in die kamp het Elroy Abrahams (2/19) hard probeer om vir Paarl- Oos in die prentjie te hou. Paarl het egter die wenlopies aangeteken vir die verlies van slegs 4 paaltjies en sodoende die wedstryd met 6 paaltjies gewen.

* Saterdag speel Paarl teen Oostelikes in sy laaste 45-boulbeurte wedstryd op die Parys-velde. Sondag speel die Premierliga klubspanne in die 20/20 kriekettoernooi op Bolandpark. Die eerste semi-finaal begin om 10:00 met die tweede semi wat om 14:00 sal volg. Die finaal vind om 18:00 plaas.


More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za