EK het onlangs my selfoon in die Paarl verloor. Ene Ricardo het dit opgetel en ’n nommer op die foon gebel en my so deur ’n familielid opgespoor.
Ek het die foon teruggekry maar toe ek hom bel om dankie te sê en ’n beloning aanbied het hy gesê die feit dat ek my foon terug het, is vir hom beloning genoeg.
Ek kan Ricardo nie genoeg bedank nie. Dit is vir my ’n riem onder die hart dat daar nog sulke eerlike mense in die Paarl is.
Hilda Bence