Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blaauw proe weer goud

Blaauw proe weer goud
 
2008-03-13

Jaco van Wyk

DIE talentvolle, jong gholfspeler van die Paarl, Jacques Blaauw, het verlede week weer sukses behaal toe hy die SA putjiespel-toernooi vir amateurs gewen het op die Royal Durban gholfklub.

Die 22-jarige oud-Gimmie is sodoende ook as die dubbele amateur- kampioen aangewys aangesien hy verlede maand die SA Amateur houespel-kampioenskappe by Pearl Valley verower het.

Dit was die eerste keer dat die putjiespel-kompetisie en die houespel- kompetisie nie op dieselfde baan aangebied is nie.

Volgens Blaauw was die kompetisie weereens baie taai en in die eindstryd het hy te staan gekom teen die 2006 putjiespel-kampioen, Nigel Edwards van Wallis.

“Almal het vir my gesê dat ek ’n goeie kans het om die ope op Durban te wen aangesien die baan my spel goed pas. My teenstanders het egter baie goed gespeel, dus beteken die wen vir my soveel meer,” sê Blaauw.

“Ek is egter baie gelukkig, want dit maak soveel deure vir my oop.”

Nie dat hy kla nie, maar op die oomblik raak die toernooie ook nie minder nie.

Blaauw is tans besig met die Noordelike ope-toernooi vir amateurs op Modderfontein.

Blaauw het ook vroeër die maand sy Springbokkleure verwerf toe hy die Sone 6-span gehaal het wat Suid- Afrika gaan verteenwoordig in Zambië in April.

“Aangesien ek nou so mooi op dreef is wil ek graag ook die span haal wat in Oktober gaan deelneem aan die­ Eisenhower-toernooi,” sê Blaauw.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za