Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoffman pluk vrugte

Hoffman pluk vrugte
 
2008-03-13

Jaco van Wyk

AS ’n mens tweede eindig in die Cape Argus-fietstoer kan jy verseker wees dat jou toekoms helder lyk in die fietsrywêreld.
As ’n mens dit vir die tweede keer in drie jaar vermag soos Nolan Hoffman, dan gesels jy reeds saam met die groot honde.

Dié oud-leerder van Groendal Sekondêr op Franschhoek wat tans vir die klub Neotel ry, het in 2006 ook die tweede plek beklee tydens die Argus-fietstoer.

As ’n mens dan nog in ag neem dat Hoffman slegs 22 jaar oud is, is dit duidelik dat hy sy fiets op die regte pad trap.

Dit moet egter in gedagte gehou word dat die wenner van vanjaar se Argus-fietstoer, Robbie Hunter, verlede jaar besonders goed gevaar het tydens die gewilde Tour de France, en boonop ook ’n skof gewen het tydens wêreldbekende Franse fietstoer.

Hoffman wat vanjaar aan sy vierde Argus deelgeneem het, stem saam dat sy tweede posisie nie ’n swak prestasie is nie, aangesien Hunter reeds ’n gesoute fietsryer is wat al baie sukses behaal het.

“Die wen draai egter nie net om my nie en dit verg meer van ’n spanpoging as wat baie mense besef,” sê Hoffman.

“Ons doel was van die begin af om as ’n span te ry. Op die ou einde is ek tevrede met wat die span vermag het en ek dink die res van die span is ook gelukkig.”

Hoffman oefen ses dae van die week om skerp te bly vir fietstoere soos die Cape Argus, met slegs ’n rusdag elke Maandag, maar dit pla nie die belowende fietsryer nie.

“Ja, dit is harde werk, maar harde werk is wat dit verg as ’n mens op die hoogste vlak wil kompeteer.”

Hoffman berei tans voor vir die volgende groot baankompetisie wat volgende maand in Port Elizabeth gaan plaasvind.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za