HJS neem voortou
2008-03-13
WAT interskole-kragmetings tussen HJS en Gim aanbetref, loop Boishaai tans loshande voor met die somersportseisoen wat nou einde se kant toe beweeg. Die skool in die suide het reeds die swem met drie punte gewen, die atletiek vir die eerste keer in drie jaar gewen, 9 uit 12 wedstryde tydens die skole se krieketkragmeting gewen en die o.19A gholfwedstryd gewen. HJS se eerste en tweede tennisspanne het ook oorwinnings oor die Gimmies behaal. Wilhelm van der Sluys (bo) het ’n groot rol gespeel in HJS se oorwinning oor Gim verlede naweek.
More
News
|