Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington Voortrekkers se vlotte behaal pryse

Wellington Voortrekkers se vlotte behaal pryse
 
2008-03-13


DIE Wellington Voortrekkers het goed gevaar tydens die jaarlikse Wes-Kaap Voortrekkers vlotvaart-kompetisie.
Al vyf vlotte wat Wellington se Wamakersvallei Kommando ingeskryf het, het ’n prys behaal. Hulle het ook vier van die agt trofeë ingepalm.

Wamakersvallei het vanjaar twee seunspanne ingeskryf, een dogterspan asook twee vlotte in die ope klas.

In al drie kategorieë waarin hulle ingeskryf het, het Wellington die eerste plek behaal.

In die ope klas het hulle ook die tweede plek verower asook die derde plek in die seunsafdeling.

Vlotte word Vrydagnag sowat 10km stroom-op van Velddrif, langs die rivier gebou volgens streng spesifikasies sodat dit van die span se toewyding afhang om te wen. Vroeg Saterdagoggend, met eerste lig, spring hulle dan weg. Vir veiligheid word die vlotte ’n paar minute uitmekaar gelanseer en bote patrolleer voortdurend die rivier.

Wellington se sterk roeiers het gou die vlotte voor hulle ingehaal en verbygesteek en die eerste drie vlotte oor die wenstreep was almal van Wamakersvallei. Die toekenning vir die beste algehele tyd is dan ook deur die oud-Verkenners van Wellington gewen.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za