DIE Paarl dorp met sy ligging, wingerde en plase tot teenaan die Hoofstraat, daarby ook sy talle ou geskiedkundige opstalle, is ongetwyfeld ons land se grootste sieraad. Daarom word dit deur talle besoekers van plaaslik en oorsee besoek en waardeer.
Op sigself is dit vir ons van allergrootste ekonomiese belang.
Hoekom is ons Hoofstraat 地 ellelange gevaarlike renbaan, dwarsュdeur van Suid tot Noord?
Daar is weinig tekens van spoedgrenstekens langs hierdie straat om motoriste te maan tot sestig km per uur. Negentig of meer km 地 uur is niks ongewoon nie.
Vir ons wat nie meer so vlugvoetig is nie, is dit 地 onveilige en grillerige tog om straat oor te steek. Per motor is dit net so erg nie. Dit dra by tot die straat se vele ongelukke, sommige waarvan hartseer en noodlottig was.
Daar is geheel en al onvoldoende verkeersligte, spoedkalmering, of spoedtekens. Sigbare verkeerspolisie-teenwoordigheid is ook nie waffers nie.
Mens verneem ook dat vir die talle ouers wat kinders op skool het, die woelige straat eweneens groot kommer besorg.
地 Werklik eenvoudige en koste-effektiewe oplossing behoort tog sekerlik meer stoptekens te wees in die Hoofstraat.
Diegene wat graag ongehinderd wil deurreis sonder baie stop, kan dan gerus met die gerieflike Boulevardweg ry. Die dubbelpad is hoegenaamd nie baie besig nie.
My lekebegrip van die Hoofstuk 2 Handves van Regte in ons Grondwet is dat ek en jy ondermeer die reg op vryheid en sekerheid van die persoon geniet.
Dit moet tog immers ook vir ons, en veral ons baie besoekers, geld op ons hoofstraat?
As inwoners van die Paarl is dit ons plig en reg om die Plaaslike Owerheid voortdurend daaraan te herinner dat sulke regte wat ons geniet op sy beurt 地 verpligting op hulle plaas.
Dr Ivan Deacon