Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee sterf toe motor rol

Twee sterf toe motor rol
 
2008-03-13


TWEE Paarliete is Saterdagaand dood toe ’n motor gerol het naby Saron.

Reddingswerker, Vincent Booysen, was van diens af en het omstreeks 22:00 op die ongelukstoneel tussen Saron en Gouda afgekom. Volgens hom het die bestuurder van die voertuig beheer oor die motor verloor op ’n draai naby die Klein Bergrivier-brug.

“Die voertuig het oënskynlik eers van die pad afgery en toe gerol.”

Booysen, wat noodtoerusting in sy motor gehad het, het dadelik die ambulans geskakel, en voor hul aankoms begin met noodbehandeling.

Motoriste het gestop en gehelp om die toneel met hul voertuig­ligte te belig.

Twee van die insittendes is egter ernstig beseer, en ten spyte van Booysen se pogings is een persoon op die toneel dood, en ’n ander later in die Lapa Munnik Hospitaal in Porterville. Nog ’n persoon is ernstig beseer.

Die oorledenes is Hendry Monday en Juan Boks. Donovan Karelse is beseer.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za