Sendingontbyt op Wellington
2005-03-09
’n BEKENDE sendeling, Annalea Blignaut, gaan op Saterdag 19 Maart ’n seminaar lei oor “Die Evangelisering van Ongelowiges deur Vriendskap”. Die byeenkoms vind plaas in Wellington-Oos se kerksaal en begin met ’n lekker ontbyt om 07:30. Dit behoort nie later as 11:30 klaar te maak nie.
Annalea is al ’n klompie jaar in Bosnië en is die leier van die Christelike sendingorganisasie, Operasie Mobilisasie, se Bosniese sending.
Sy sal ook interessanthede van die land en sy mense met die gehoor deel en skyfies vertoon.
Belangstellendes moet voor Donderdag 17 Maart om 13:00 vir Elmarie Visser by die kerkkantoor kontak of u gaan bywoon. U kan ook vir Chris Wust skakel by 082-497-8971.
’n Koste van R30 sal betaalbaar wees die Saterdagoggend.
More
News
|