Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong pa in hof oor dogter

Jong pa in hof oor dogter
 
2008-03-13


BYNA drie jaar na die gruwelike moord en verkragting van ’n tweejarige dogtertjie, het die saak uiteindelik begin loop teen haar pa in die Kaapse Hooggeregshof.

Cameron Chordnum is op 21 Mei 2005 dood nadat sy dié nag in haar pa se bed in Chicago, geslaap het.

Haar pa, Shaun Arendse (23), is by die Paarl hospitaal in hegtenis geneem nadat Cameron dood gesertifiseer is.

Cameron en haar ma Rozanne het by haar grootouers in Eersterivier gewoon, en Cameron het dikwels haar pa oor naweke in die Paarl besoek.

Die aand van die voorval het Shaun uitgegaan en Cameron het by Shaun se moeder gebly. Toe hy omstreeks 03:30 by die huis kom, het hy vir Cameron uit sy ma se bed gehaal en na sy kamer geneem.

Hy het 10:30 die oggend sy ma geroep omdat Cameron leweloos in sy bed gelê het.

Sy is gedurende die nag verkrag en het gesterf weens veelvuldige beserings.

Die afgelope week het Arendse emosieloos in die Hooggeregshof in die beskuldigde bank gesit en luister na die getuienis teen hom.

Hy het ook nie ’n oog geknip toe foto’s aan hom getoon is van sy weerlose dogtertjie se verminkte liggaam nie.

Volgens forensiese toetse is daar nou bewyse dat Cameron in Shaun se bed was toe sy dood is.Arendse ontken steeds enige kennis van haar moord. Die saak duur voort.

* The father of a two-year-old girl is currently standing trial in the Cape Town Supreme Court for her rape and murder.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za