Bejaarde vrou aangeval
2008-03-13
’n BEJAARDE vrou het vandeesweek ’n noue ontkoming gehad, toe sy in haar kamer in Rusoord ouetehuis in Devinestraat, Paarl, aangeval is. Volgens ’n woordvoerder van die polisie het die vrou Maandagmiddag op haar bed gelê toe ’n onbekende man haar aangeval het en ’n kous in haar mond probeer druk het. Hy is vinnig verwilder. Dit is onduidelik hoe die indringer toegang tot die ouetehuis gekry het, want daar was geen teken van ‘n inbraak nie. Die vrou het ongedeerd van die voorval afgekom. Die motief agter die aanval is onduidelik. Die polisie stel verdere ondersoek in, en enigiemand wat kan help met hul ondersoek kan vir insp Hildegard Mackier skakel by 082-850- 9614. * An elderly woman was attacked in her room in a retirement home in Paarl.
More
News
|