Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laaste kans vir inskrywings

Laaste kans vir inskrywings
 
2005-06-23


LEERDERS kan gerus gedurende die vakansietyd ’n bietjie skaaf aan hul idees vir vanjaar se streekkompetisie van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes op Stellenbosch, aangesien inskrywings kort na die aanbreek van die nuwe kwartaal sluit.

Inskrywings moet teen Vrydag 5 Augustus die Instituut vir Wiskunde en Wetenskaponderwys aan die Universiteit van Stellenbosch (IWWOUS) bereik, wat die jaarlikse streekkompetisie vir skole uit die Boland, Overberg en Weskus aanbied in samewerking met die US se Fakulteit Natuurwetenskappe.

Vanjaar se streekkompetisie vind op 25 en 26 Augustus op Stellenbosch in die Paul Roos Gimnasium plaas.

Vir die streekkompetisie van die Expo kan leerders inskryf in afdelings wat wissel van fisiese of chemiese wetenskappe, tegnologie, innovering en elektronika, dier- of plantwetenskappe, klimaatsveranderingstudies, mediese en gesondheidswetenskappe, landbou, tot voeding, wiskunde, rekenaarwetenskappe en sosiale wetenskappe.

Verlede jaar het skole van onder meer Paarl, Wellington, Piketberg, Bellville, Velddrif, Stellenbosch, Somerset-Wes en Graafwater van hul beste projekte inskryf.

Medaljes, asook spesiale kontantpryse wat deur maatskappye en die Universiteit van Stellenbosch geborg word, word by die streekkompetisie oorhandig.

Projekte wat kwalifiseer dring daarna deur na die nasionale kompetisie, wat jaarliks in Pretoria gehou word.

Verlede jaar het die Stellenbosch-streek besonder goed gevaar in Pretoria, deurdat al vyftien projekte wat ingeskryf is, medaljes op nasionale vlak verower het.

Vier projekte is ook gekies om Suid-Afrika by internasionale expo’s vir jong wetenskaplikes te verteenwoordig.

Vir meer inligting, kontak Erika Hoffman by 808-3482 of e-pos ehoff@ sun.ac.za. Besoek ook www.imstus.sun.ac.za/expo.

* Learners are invited to enter the Eskom Science Expo to be held in August.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za