Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlberg raak oerwoud van indringers

Paarlberg raak oerwoud van indringers
 
2008-03-19

Lise Beyers

’n GROOT gedeelte van Paarlberg is besig om te verval in ’n oerwoud van indringerbome.

Die berg wat seker die kenmerkendste baken van dié dorp is, waarna die dorp ook vernoem is, is deurtrek met dennebome, populierbomeen wattels.

Agter die Voortrekkerterrein in Kloofstraat is die gebied veral vervuil met dié bome.

Hierdie indringerbome vermeerder soos ’n veldbrand teen die berg en dit raak al moeiliker om hulle uit te roei.

Die munisipaliteit het ’n paar jaar gelede die gebied begin skoonmaak van indringers, maar die stryd is nou gewonne gegee.

Tans staan die gebied waar daar gewerk is, vol uitgekapte takke, wat net daar gelaat is. Dit het nou uitgedroog en die droë takke skep ’n reuse brandgevaar vir die gebied waaraan talle wonings grens.

Die bome, veral die wattels, is slegs afgekap en nie uitgetrek nie. Intussen het derduisende wattelboompies opgeskiet.

’n Spesialis wat bekend is vir die uitroeiing van indringer- bome, Barry Stander, het gesê dat wanneer ’n projek aangepak word om indringerbome uit te roei, moet dit ’n goeddeurdenkte projek wees.

“Dit is ’n intensiewe proses om ontslae te raak van dié bome en dit moet aanmekaar opgevolg word.

“As daar nie geld is om so ’n projek vol te hou nie, dan moet dit in die eerste plek nie eens aangepak te word nie.”

Barry verduidelik dat wanneer die bome afgesny word, moet die stam en wortels met gif behandel word.

Die afgesaagde stompe moet verwyder word en daar moet elke nou en dan gekyk word dat die wortels van die boom wel vrek.

Indien die boom weer uitloop, moet gif weer gegee word.

So moet die gebied sorgvuldig behandel word om te verseker dat die indringers nie weer voorkom nie.

Dié tegniek is beslis nie gehandhaaf teen Paarlberg nie.

Die rede hoekom indringerbome ’n probleem is, is die feit dat hulle inheemse bome en plante se bestaansreg bedreig en ook die natuurlike waterbronne verwoes.

Dikwels droog strome en natuurlike waterbronne op weens dié bome. Veral die wattel maak homself hieraan skuldig.

Omdat hulle so dig groei, is daar geen grondbedekking tussen hulle nie. Met die eerste reëns spoel dié grond weg en dit veroorsaak dan gronderosie.

Teen die hange van Paarlberg het die teenwoordigheid van indringerplante reeds vele hektaar waardevolle fynbos vernietig.

Volgens statistieke het indringerplante reeds 10 miljoen hektaar grond in Suid-Afrika oorgeneem, en as daar nie drastiese stappe geneem word nie, sal hierdie area binne die volgende 15 jaar verdubbel.

Intussen is inwoners van Courtrai steeds briesend oor hul dennebome wat uitgekap is.

Hierdie gebied van 104 hektaar behoort aan die Taalmonument wat ’n kontrak aangegaan het met ’n boomkap-on- derneming om ’n brandstrook van 20 meter om die woongebied te kap.

Inwoners kla egter dat die bome willekeurig afgekap is, en dan is daar ook nie opruimingswerk gedoen nie.

Die bestuurder van die Taalmonument, Horatio September, het gesê dat die brandstrook aangebring is om die huise van Courtrai te beveilig.

“Verder is dit ook nasionale beleid om ontslae te raak van indringerbome om sodoende die groei van inheemse plante- groei aan te moedig.”

September het gesê dat die nodige bome nou klaar afgekap is, en dat die kontrakteurs sal voortgaan om die gebied op te ruim.

* Paarl Mountain is being over grown by alien plantation.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za