Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Foto's vanaf straat na koerant

Foto's vanaf straat na koerant
 
2008-03-19

Lise Beyers

’n VROU van die Paarl was verlede Donderdagoggend baie verlig toe sy die Paarl Post gelees het en afgekom het op haar waardevolle verlore foto’s.

Merle Foot van Courtrai se seun Werner woon die afgelope paar jaar ver oorkant die water.

Merle het onlangs foto’s van hom ontvang van sy gesin en sy is inderhaas daarmee na Rusoord-oue- tehuis in Devinestraat, om met trots vir Werner se ouma te gaan wys.

Na haar besoek is sy terug huis toe, maar met haar aankoms daar was sy geskok om agter te kom dat die foto’s weg is.

Sy is terug na die ouetehuis, maar daar was ook geen teken daarvan nie.

Na lang denke oor haar bewegings, het Merle daar- mee vrede gemaak dat sy die foto’s verlê het, maar nie voordat heelwat trane daaroor gestort is nie.

Intussen het Reginald Marquard by die Paarl Post se kantore aangekom met ’n pak foto’s wat hy in die straat gevind het naby Rusoord.

Marquard het vertel dat hy die foto’s sien afwaai het van ’n voertuig. Hy het gestop en hulle opgetel, maar toe hy die bakkie probeer agternasit het, was dit te laat.

’n Plan is beraam en een van die foto’s is in die koerant geplaas. Skaars was die koerant op straat en Merle sien die foto van haar seun, skoondogter en kleinseun daarin.

Weereens is daar ’n paar trane gestort met die terugbesorging van die foto’s.

Oënskynlik het sy die foto’s op die dak van haar voertuig vergeet toe sy weg is by die ouetehuis en dit het afgewaai soos sy gery het.

“Dit is wonderlik om te weet dat daar nog mense is wat sulke moeite doen om ’n mens se besittings terug te besorg - al is dit net foto’s.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za