Christusfees oor Pase
2008-03-19
VERSKILLENDE kerkdenominasies in Wellington hou 地 Christusfees vanaf Woensdag 19 Maart tot Maandag 24 Maart. * Die Woensdag vanaf 07:30 sal die fees afskop met 地 gebedsketting by al die dorpskole op Wellington. Die Laerskool-jeug hou 地 gesamentlike diens in die Hugenote Kollegesaal om 17:30. Die aand sal die fakkelloop plaasvind met jeuggroepe na die Victoriapark waar die hooffakkel met 地 seremonie vir die agtste keer aangesteek en aan die brand gehou sal word vir die volle Paasnaweek. Van daar beweeg die optog na Bergrivier Sekond靡e Skool waar 地 jeugbyeenkoms gehou sal word onder leiding van pastoor Eben Mouries en die Jeugkommissie om 19:45. * Die Donderdag om 19:30 sal die kerke hul eie tradisionele kerkkultuur bedryf, soos voetewas-seremonies. * Die Vrydag om 19:00 word die Paasspele te VGK Wellington (dorp) gehou. * Saterdag is dit die barmhartigheidsgeleentheid by VGK Wellington (dorp) met afhaal van kospakkies. Daar word gevra dat persone en besighede wat voel om donasies van nie-bederfbare voedsel te skenk, ds Jan Grobbelaar by 084-5850-3531 te skakel of Lea Adams by 082-959-1869. * Sondag is die opstandingsbiduur om 07:00 te Champagne begraafplaas wat gelei word deur ds Rogers van die VGK Wellington in samewerking met die ander leraars, pastore en priesters van die buurkerke. Aanbidding en lofsang is om 17:00 tot 18:00 by Boland stadion met plaaslike sanggroepe. 地 Feesdiens is om 18:00 tot 19:00 by Boland-stadion. * Die fees sal die Maandag afgesluit word met 地 gebed en beradingsessies van 10:00-16:00 by Boland-stadion.
More
News
|