Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrou se gedrag skok

Vrou se gedrag skok
 
2008-03-19


EK is geskok deur die ongemanierde gedrag van ’n plaaslike motoris.

Aan die dame met ’n lemmetjiekleurige Ford Ka (CN nommerplaat) wat op Woensdag 6 Maart om ongeveer 14:30 agter my gery het op die pad van Paarl na Wellington: ek was wel in die vinnige baan maar het stadig gery om binne die spoedbeperkings te bly.

Jy het baie vererg van agter verby my gekom teen ’n vinnige spoed met ’n ouer vrou langs jou. Jy het vir my middelvinger gewys sonder dat ek daartoe aanleiding gegee het.

Nog nooit in die afgelope 12 jaar wat ek ’n bestuurderlisensie het, het ek al sulke onbeskofte gedrag teëgekom nie.

As jy ’n krisis gehad het sou jy nie nog tyd en energie gehad het om tekens te wys nie, want jou gedagtes sou by jou omstandighede gewees het.

Ek is 14 jaar in die polisie en het al baie kere die oorblyfsels van mense van die teer af probeer opkrap na ’n ongeluk.

Ek was al op ongelukstonele waar mense vasgekeer is in hul voertuigwrakke en besig was om hul laaste asem uit te blaas.

Jy as beampte probeer jou hand na hulle uitsteek om net ’n bietjie hoop te bied terwyl daar gewag word vir die reddingspan.

Onthou voertuie is van blik gemaak en spoed maak dood.

Mag God jou bewaar elke keer as jy agter ’n stuurwiel inklim.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za