Paasnaweek volmaanpiekniek
2008-03-19
Nチ 地 baie suksesvolle volmaanpiekniek in Februarie vind 地 tweede volmaanpiekniek Saterdag 22 Maart by die Taalmonument op Paarlberg plaas. Al die ligte by die monument word vir die aand afgeskakel, daarom is dit wenslik om 地 flitslig in te pak. Maanopkoms is om 19:04 en die monument sal oop wees tot 22:00. Piekniekgangers kan hul eie piekniekmandjie inpak of vooraf 地 spesiale Leipoldtュpiekniekmandjie bespreek. Dit sluit in hoenderlewerpatee en soutbeskuitjies, ham, salami en mosterd, tuisgebakte brood, botter en groenvye konserf, verskeie soorte kaas, 地 Griekse slaai, vrugteslaai, asook 地 pamflet met inligting oor Leipoldt se unieke kookkuns. Toegang is R10 (R5 studente en R2 kinders). Geen honde of vure word toegelaat nie. In geval van slegte weer, sal geen volmaanpiekniek plaasvind nie. Om 地 piekniekmandjie te bespreek, skakel 021-863-2800. Navrae,by 021-872-3441.
More
News
|