WP en Paarlstreekspan in aksie op Faure-stadion
2008-03-19
DIE Senior en o.20 Paarlstreekspan oefen Dinsdag, Woensdag en Donderdag om 19:00 te Faure-stadion ter voorbereiding vir hul wedstryd teen SK Walmers op 29 Maart. Die wedstryde sal dien as voorwedstryde vir die Vodacombeker-kragmeting tussen die WP en Pumas wat ook op Faurestadion gaan plaasvind. Rugby vir juniors word die oggend aangebied, met verskillende vorms van vermaak vir die toeskouers. Deelnemende klubs moet ook kennis neem van die afrigtingskliniek vir o.12 spelers wat volgende Woensdag om 11:30 aangebied word in samewerking met Vodacom en WPRFU. WP en Stormers-spelers sal die juniors toespreek en fyner kunsies van spel wys. Vir verdere navrae, skakel Kevin Benjamin by 082-731-4879
More
News
|