Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drieëfees tussen Windmeul United en Newtons

Drieëfees tussen Windmeul United en Newtons
 
2008-03-19


DIE wedstryd wat Saterdag tussen Windmeul United en Newton rugbyklub plaasgevind het, het in ’n drieëfees ontaard, met Windmeul wat op die ou end met 38-24 die wedstryd gewen het.

Die wedstryd het teen ’n vinnige pas begin met Windmeul se losvoorspelers wat altyd eerste by die afbreekpunte gekom het.

Alhoewel Newtons ’n swaarder pak voorspelers gehad het, het Windmeul die nuwe reëls goed tot hul beskikking gebruik en telkemale Newtons op die agtervoet gehad.

Newtons se voor- en agterspelers het goed gekombineer en gesorg dat die bal die praatwerk doen.

Met vier aanskoulike drieë was die rustydtelling 24-5 in Windmeul se guns.

Die tweede helfte het ook vinnig begin, met Newtons se regtervleuel, wat vier keer agter die doellyn gaan kuier het.

Hierna was die telling 24-elk.

Windmeul het hierna besef dat hulle na ’n ander rat sal moet oorskakel, en 2 pragdrieë gedruk om die wedstryd te wen.

Windmeul se uitblinkers was Granton Marinus, Granville Apollis en die kaptein, Shane Simonse.

Windmeul se tweede span het ook geseëvier met 7-5. Leslie Conradie het tydens die wedstryd uitgeblink.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za