Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland saalhokkie ’n sukses

Boland saalhokkie ’n sukses
 
2008-03-19


DIE Boland Hokkie-unie se Saalhokkie-liga wat by Hoërskool Gimnasium aangebied is, het Vrydagaand op ’n hoogtepunt afgesluit met drie liga-finale.

In die dames se tweede liga het die skolespanne oorheers. Gim se tweede span het die eerste plek behaal nadat hulle met 4-2 afgereken het met HMS.

HMS se doele is behaal deur Lyne Malan en Hanneke de Wet terwyl E Carstens (2), S Barends en J Galloway Gim se doele aangeteken het. Wellington se tweede damesspan het 3de gekom.

In die Dames Eersteliga finaal het Wellington-klub teen Gim gespeel. Izelle Lategan van Gim het die eerste doel in die wedstryd aangeteken. Wellington het egter goed teruggeveg en was halftyd met 2-1 voor nadat Marli Slabbert en Carla-Lee Williams doele aangeteken het.

Dit was ’n naelbytstryd tot die einde. Wellington se verdediging het egter sterk gestaan en Mia van Lill het vir die Wellingtonners ’n sege beklink deur kort voor die einde Wellington se derde doel aan te teken. Die Paarl-klub se dames het derde geëindig.

Die seisoen is afgesluit met ’n skouspelagtige wedstryd tussen Paarl-mans en Gim. Gim het koning gekraai en die wedstryd gewen met 4 doele teenoor 2.

J Didloff en L Goliath het Paarl se doele geskiet terwyl Lourie Basson en Stevan Kotze twee doele elk vir Gim aangeteken het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za