Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples eindig seisoen op lae noot

Peoples eindig seisoen op lae noot
 
2008-03-19


YOUNG PEOPLES het Saterdag op Daljosafat sy laaste liga-wedstryd teen Van der Stel met 44 lopies verloor.

Peoples het die loot gewen en die besoekers ingestuur om te kolf. Van der Stel het, danksy Francois Geldenhuys (62) Nicholaas Scholtz (34), Nic Northcote (27) en Conraad Lotz (26) ’n goeie 204/8 aangeteken.

Jarrier Alexander (3/38) en Edwin Jacobs (2/31) was die Tiere se uitblinkers met die bal, met die tuisspan se grondveldwerk wat baie beter was as verlede week.

Peoples se kolfbeurt het weer bestaan uit los houe, met net Edwin Jacobs (46) en Hershille Barron (33) wat skaflike tellings behaal het. Jacobs se goeie veelsydige vertoning was die hoogtepunt van die dag.

Die Tiere se onvermoë om ’n goeie vennootskap aanmekaar te sit was uiteindelik sy ondergang. Peoples is op die ou end vir 160 lopies uitgeboul.

Die klub kan egter terugkyk op ’n redelike seisoen waartydens die eerste span 16 oorwinnings behaal het. Peoples het ook sewende geëindig in die Premierliga, 1 plek höer as verlede seisoen. Die klub se hoogtepunte was sy onoorwonne rekord teen Paarl-Oos, asook die oorwinning op Coetzenburg teen Maties. Daarby het die sterk span van Wellington ook op Daljosafat die knie teen die Tiere gebuig.

Die derde span is ook weer as die 50-beur­te kampioen gekroon.

Die klub se algemene jaarvergadering vind plaas op Maandag, 31 Maart om 19:00 in die klubhuis. Die bekeruitdeling vind Saterdag, 3 Mei vanaf 19:00 in die Gemeenskapsaal plaas, in die vorm van ’n piekniekdans. Kaartjies is by die bestuurslede beskikbaar.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za