DIE gewilde Byeboerdery-win- terskool word weer aangebied vanjaar gedurende Mei by Elsenburg.
Hierdie kursus dek alle aspekte van byeboerdery, van ’n praktiese besoek aan ’n heuningkamer en die bestuursaspekte, tot die fyner besonderhede van koningteelt en bestuiwing.
Besprekings moet vooraf gedoen word.
Inskrywingsgelde is vooraf betaalbaar en sluit ligte etes en verversings in asook alle kursusmateriaal.
Vir meer inligting, skakel Robert of Deborah Post by 021-871-1022.