Vinnige vingers en flair in Dorpstraat
2008-03-19
BY die Dorpstraat-teater op Stellenbosch is daar die volgende twee weke hope vermaak. Donderdag 20 Maart kuier Albert Frost en sy vinnige vingers hier. Albert word gereken as een van die beste kitaarspelers in ons land. Geen wonder Arno Carstens het hom opgeraap nie. Albert het beslis bygedra tot die supersukses van die Nude Girls, en nou kry ons die geleentheid om hom “solo” te sien. Kaartjies is R60. Vrydag 28 Maart is die wenkombinasie van Jannie du Toit en Christa Steyn hier. Christa se seun, Douw, is ook op die verhoog en sorg vir ’n ekstra tikkie “flair”. Saterdag 29 Maart is die talentvolle Hilandi du Toit hier. Haar vertonings is altyd ’n groot bederf, so kry daai lui lywe van die bank af en kom bederf jou oë en ore. Kaartjies is R40. Vir besprekings, skakel 021-886-6107.
More
News
|