Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kinderteater en Afrikaanse musiek

Kinderteater en Afrikaanse musiek
 
2008-03-19


KINDERTEATER, Prinses Mientjie en die Wolhaarman is Saterdag 29 Maart om 10:00 in die Ou Meul-teater.

Prinses Mientjie moet vir haar ouma 地 lotto-kaartjie gaan koop, maar langs die pad ontmoet sy 地 paar eienaardige mense.

Is die Grasgroen Gedaante, die Onderstebo Agterstevoor, en die Pierewaaier, maar net alweer deel van die klein prinsessie se sterk verbeelding?

Of is dit die werk van die slinkse ou Wolhaarman teen wie almal haar gewaarsku het?

O ja, en gaan Prinses Mientjie se ouma die lotto wen? Vind dit uit by die Ou Meul-teater.

Kaartjies is R30.

Die groep DJIN tree Saterdag 29 Maart om 20:00 op by die Ou Meul-teater.

地 Vrydenkende Rabbi met vier bekwaamde musikante en diep, nadenkende Afrikaanse lirieke is die bestanddele in die nuwe groep wat belowe om die Afrikaanse musiekfront drasties te verander.

Die naam van die groep, Djin, is illustrerend van die vrydenkende en kreatiewe benadering tot musiek wat die groep volg.

Die naam is 地 verwysing na woestyngeeste, gebore uit vuur met 地 uiterse vrye wil. Vuur en vrye wil is duidelik in die passievolle lirieke terwyl die musiek en ritmes wat by die woorde gevoeg word uit die pen van Terblanche, 地 vertoning verseker waartydens geen gehoorlid sal stilsit nie.

Hierdie is Afrikaanse musiek vergelykbaar met die diepte van ikone soos Kerkorrel.

Djin is beskryf as Pink Floyd in Afrikaans, met Leonard Cohen deurleefdheid wat na vore kom in lirieke oor herinnering en gewaarwording.

Kaartjies is R100. Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564-00 56.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za